29 September 2018 | ||
Monday | Closed |
|
Tuesday | Closed |
|
Wednesday | Closed |
|
Thursday | Closed |
|
Friday | Closed |
|
Saturday | Closed | 08:00 am - 05:00 pm |
Sunday | Closed |
|
Public Holidays | Closed |
NEWS BLOG
Nartjiefees 2018 bring die goeie tye na Loerie
2 August 2018 by Supplied text
Die Nartjiefees is ‘n familie-vriendelike fees wat elke jaar in die Loerie gehou word, reg in die pragtige Gamtoosvallei. 29 September 2018 merk die 27ste jaar van hierdie merkwaardige fees. Hierdie fees is net die regte manier om jou gees te herlaai vir die laaste drie maande van die jaar, weg van al die gewoel en gejaag.
So wat kan jy verwag by Nartjiefees 2018? Wel om meet e begin is daar vele aktiwiteite van feesgangers van alle ouderdomme. Neem deel in die populere nartjie-eet kompetisie of skryf in vir die Mej Nartjiepit en Mej Nartjiefees kompetisies. Daar is ook vele ander aktiwiteite vir die kleintjies deur die loop van die fees.
Daar is talle heerlike kos en drink stalletjies om by te gaan smul asook uitstallers wat hulle vars plaas produkte verkoop ,en ook natuurlik die belangrike nartjie stalletjies. Feesganger kan uitsien na opwindende opvoerings deur top Suid-Afrikaanse sangers soos Snotkop, Sonja Heroldt, Juanita du Plessis, Jennifer Zamudio, Jak de Priester, Campbells, Dillon Lerm en Adam Tas. Onthou om jou kampstoel saam te vat vir hierdie opvoerings.
Die fees word oudergewoond afgesluit met ‘n feesdiens op Sondag oggend om 09:30. Almal is welkom om hierdie geleentheid by te woon.
Toegangsfooie vir Nartjiefees 2018 beloop R120 per volwassene en R50 vir laerskool kinders. Kinders onder 4 jaar kan die fees gratis bywoon.
Onthou asseblief dat geen piekniek mandjies of alkohol toegelaat word op die feesterrein nie.
Vir navrae kontak 082 318 6827 of 041 287 0634 of epos ngkerkloerie@lantic.net. Besoek ook ons webwerf www.nartjiefees.co.za vir al die fees besonderhede.
Family-friendly festivities at Nartjiefees 2018
REVIEWS
PHOTO GALLERY
ABOUT US
Die klein Oos-Kaapse dorpie Loerie in die Gamtoosvallei is naby die Baviaanskloof Natuurreservaat (wat as ‘n Wêreld Erfenis Gebied verklaar is), geleë.
Alhoewel Loerie baie bekend aan besoekers vanaf Port Elizabeth op pad na die Baviaanskloof geleë is, is die dorpie veral bekend vir die jaarlikse Nartjiefees wat gedurende September gehou word.
Die Gamtoosvallei staan bekend as die groentemandjie van die Oos-Kaap. Verskeie groentesoorte word dwarsdeur die jaar op groot skaal produseer en na die markte in die Oos-Kaap, asook die res van Suid-Afrika gestuur.
Baie groot hoeveelhede sitrusvrugte – veral vir die uitvoermark – word hier verbou.
‘n Groot aantrekkingskrag by die fees is die groot hoeveelhede sitrusvrugte (veral nartjies) en groente wat by die fees verkoop word. Benewens die ander plaasprodukte- en eetstalletjies is die kunsmarkstalletjies welbekend en gewild onder feesgangers.
Bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars tree die dag by die fees op en bied die beste van Suid-Afrikaanse musiek aan die feesgangers.
Preto Aktiwiteite sluit in:
- Spring Kastele
- Kuns & kunsvlyt stalletjies
- Naartjie-eet kompetiesie
Te koop:
- Plaasvars groente
- Naartjies
- Etes: Nuwe spyskaart!!!
Vermaak vir die dag sluit in lewedige optredes deur plaaslike kunstenaars
Die fees is a viering van die vrugbare grond van die Baviaanskloof!
PROGRAM
Die volgende aanbiedinge sal beskikbaar wees:
- Die soetste Nartjies
- Plaasvars groente
- Biltong
- Pannekoek
- Tuisgemaakte konfyt
- Hamburgers
- Boerewosrolle
- Sosaties
- Poeding en vele meer stalletjies!
Ons bied met trots aan hierdie jaar die volgende kunstenaars:
- Dillon Lerm ( seremonie meester )
- Sonja Heroldt
- Jennifer Zamudio
- Jak de Priester
- Campbells
- Snotkop
- Juanita du Plessis
- Adam Tas
Bring stoele saam, geen gazebo's en sambrele nie
*Geen piekniekmandjies of eet- en drinkgoed mag by die hek ingebring word nie. (Sal by die hek gekontroleer word)*
Program
- 08:00 - Opening & Dillon Lerm
- 08:30 - Sonja Heroldt
- 09:30 - Jennifer Zamudio
- 10:30 - Jak de Priester
- 11:30 - Campbells
- 12:30 - Nartjie-Eet Kompetisie & Kroning
- 12:45 - Dillon Lerm
- 13:00 - Junita du Plessis
- 14:00 - Snotkop
- 15:00 - Adam Tas
Stalletjies vir die volgende produkte is beskikbaar:
Juweliersware | Speelgoed |
Plante en mosaiek | CD's/DVD's en rekenaartoerusting |
Klere | Babaware |
Kosmetiese produkte | Super 14 rugby items |
AMC Classis | Tupperware |
Plastiektoebehore | Honde beddens |
En nog baie meer |
Alle eet- en drinkstalletjies; ingelegde vrugte; konfyt; grootkoeke; brood; beskuit; kleinkoekies; tuisgemaakte lekkergoed. Daar is reeds vir hierdie stalletjies voorsiening gemaak.
Die Kontakpersone is:
- Stalletjies: Amanda Gerber:(042) 287 0634 of ngkerkloerie@lantic.net
- Reklame: Herlien Moolman herlien@telkomsa.net
Borge:
Think Local
DOCUMENTS
MEET THE TEAM
Amanda Gerber |
Stalletjies |
042 287 0634 |
Herlien Moolman |
Reklame |
042 287 0634 |
Ds Jasper Louw |
Dominee |
042 287 0634 |
John Wait |
Nartjiefees Webblad |
Jammer program vir kunstenaars was nie volgens plan nie.
Kon ook nie vierjarige inskryf vir Mnr Nartjiepit nie, weet nou nog nie hoekom nie?